Jong seun ontroosbaar na verjaarsdag geskenk gesteel is
Ongelukkig is die fiets, waarop hy elke dag gery het, in Desember uit hul erf in Hamitonlaan gesteel.

‘n Jong seun van die dorp se blydskap oor ’n fiets wat op sy verjaarsdag, in September verlede jaar, aan hom geskenk is, was van korte duur.
Die Herald het verlede jaar berig oor Dolfie Viviers (10), wat nou deur sy ouma, Evelyn Viviers versorg word.
Sy pa, Apie Viviers, is in April verlede jaar dood toe hy gepoog het om ’n tiener (14) wat geval en gegly het, te hulp te snel. (Man sterf by Brakpan “groot gat” toe hy tiener probeer red)
Beide het tot onder in die diep gruisgat geval. Apie is op die toneel oorlede en die tiener het na ’n operasie aan haar skouer herstel.
Evelyn het in September aan die Herald geskryf oor die onvergeetlike tiende verjaarsdag wat haar kleinkind beleef het danksy die radiostasie Hot 102.7 FM.
Dolfie het ‘n splinternuwe fiets gekry (iets wat hy bitter graag wou hê) en hy en sy ouma en klasmaats is ook bederf met eetgoed. (Verjaarsdag vreugde vir kind wie se pa na heldedaad sterf).
Ongelukkig is die fiets, waarop hy elke dag gery het, in Desember uit hul erf in Hamitonlaan gesteel en volgens Evelyn is Dolfie ontroosbaar.
“Ek kan dit bloot nie bekostig om vir hom ‘n nuwe fiets te koop nie en ons hoop maar die persoon wat die fiets gevat het berou sal hê en dit sal terugbring.”
LEES OOK: CoE warns jobseekers of scam
LEES OOK: Tweedy Park elderly enjoy a wonderful Christmas