Local newsNews
Stoffies raap trofeë op by die interhoër
Die skool se atlete en ondersteuners het op die baan sowel as langs die baan hul bes gegee.
Die Hoërskool Stoffberg het behoorlik presteer by die interhoër wat onlangs te Boksburg Stadion plaasgevind het.
Die skool het nie net die geesbeker en rasieleier-trofee gewen nie, maar ook die trofee vir beste dogterspan.
Onder die meisies het Loeché Oosthuizen die trofee vir beste junior veldatleet ingepalm, Le-Lucia Woest die trofee vir beste junior baanatleet en Anja Boshoff het die senior Victrix Ludorum opgeraap.
Stoffies se dirigente was as die tweede beste dirigente span gekroon.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!






