Oerwoudagtige begraafplaas wek kommer
Is daar dan nie meer respek vir die dooies nie?
Die huidige toestand van die Brakpan begraafplaas is skokkend. Daar is eintlik nie woorde om dit te beskryf nie.
Beide my ouers is daar begrawe en ons het ‘n besluit geneem om nie meer hul grafte te besoek nie.
Dit is nie die moeite werd om ons lewens in gevaar te stel nie. Dit is vir ons ‘n bitter pil om te sluk aangesien ons dit gereeld gedoen het.
Hoe is dit aanvaarbaar dat daar vir maande geen instandhouding gedoen word nie? Die grafstene is nie eens meer sigbaar in die oerwoudagtige gemors nie.
As belastingbetaler het ons seker die reg om ’n geliefde se graf te besoek in ’n netjiese veilig omgewing.
Is daar dan nie meer respek vir die dooies nie?
Redakteur se nota: Die Herald in die uitgawe van 19 Januarie hieroor berig.
LEES OOK: Brakpan Cemetery continues to be neglected
LEES OOK: SPCA to use fox’s death to create awareness



