Local newsNewsSport

Tannie Mart speel al 60 jaar ringbal, hoop vir nog jare

Die energieke vrou het al as afrigter en spanbestuurder gedien.

Van die spel van ringbal (korfbal) kan jy vir Mart Mynhardt bitter min vertel. Die 73-jarige inwoner van Anzac speel al sedert 1958 ringbal.

Sy is ook onlangs vereer vir haar baie uitsonderlike 60-jaar lidmaatskap aan die Brakpan Ringbal Klub. Sy het op skool begin speel, toe dit nog korfbal genoem is, met ‘n leer bal op klei bane.

Sy verkies die posisie van doel, maar het al in verskeie posisies gespeel. Mart het ‘n passie vir ringbal, alhoewel sy ook op skool aan atletiek deelgeneem het.

Sy speel op tuisfront saam met gemengde spanne en ouderdomme, maar wanneer dit by toernooie kom, speel sy in veterane of meesters-spanne.

In haar jare as speler het sy ook al baie afgerig, en sy vind dit die lekkerste om met kinders te werk en speel.

Sy is dol daaroor om tussen ander mense te wees wat haar passie deel, en hou vol dat sy geen gunsteling spanmaat het nie.

“Ek behandel en beskou almal eenders, want ‘n mens is daar om as ‘n span te speel en nie individueel nie,” het sy vertel.

Of Mart die oudste ringbalspeler in Suid-Afrika is wat nog kompeteer is sy van onseker, maar sy glo dit is heel moontlik waar.

“As dit die Here se wil is sal ek speel tot ek nie meer kan nie, maar ek wil speel tot ek 80 is, en as die Here my toelaat tot ek 90 is,” het sy gesê.

Mart is nog vol lewe, met ‘n jong Amerikaanse Pitbull tefie, ‘n paar katte en ‘n parakeet wat haar besig hou.
Sy woon saam met haar man Pieter en suster Mara van der Westhuizen.



LEES OOK: Airwaves go silent for Ekurhuleni FM

LEES OOK: Cyclists hail Ride for Sight a success

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button