Local newsNews

Skole kan aansluit by Solidariteit se Help Hetta projek

Brakpan takvoorsitter Charmain van den Heever moedig skole aan om aan te sluit by die projek.

Solidariteit Helpende Hand se Help Hetta projek versprei op ‘n kwartaallikse basis sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte onder skole wat deel is van die projek.

Die sanitêre ware is bedoel vir meisies wat nie andersins toegang daartoe het nie, sodat hulle vernedering gespaar kan word en nie nodig het om uit skool uit te bly nie.

Hetta-meisies wat by die program baat word ook deur middel van WhatsApp ondersteun op ander maniere met raad oor verwerping, groepsdruk, selfverdediging en mishandeling, sowel as motiverende boodskappe.

Solidariteit Helpende Hand se Brakpan tak moedig skole aan om kontak te maak met voorsitter Charmaine van den Heever op 081 545 4668 om uit te vind hoe om te registreer vir die Help Hetta projek.



ALSO READ: Book your spot for charity golf day

ALSO READ: Jong sussies voltooi SPAR Women’s Run se Tshwane wedloop

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button