Brakpan haal finaal by Heidelberg Rugbyklub Sewes toernooi
All Stars het koning gekraai by die toernooi.
HEIDELBERG – Heidelberg Rugbyklub het op 23 November ‘n Sewes Rugbytoernooi op die rugbyvelde van die Hoër Volkskool aangebied.
Spanne het ver en wyd gekom om deel te neem aan die toernooi, waar Brakpan deurgedring het na die finaal maar die knie moes buig teen die All Stars Uitnodingspan
Deelnemende spanne was: Heidelberg (drie spanne), Springs, Pretoria, NWU, Welkom Rovers, Brakpan (twee spanne), Elsburg, ERU en All Stars uitnodigingspan.

Daar was ook ‘n paar junior spanne wat teen mekaar op die dag die stryd aangesê het. Goeie en aanskoulike rugby was reg deur die dag op die spyskaart.
Na afloop van die dag se spel het Brakpan en All Stars deurgedring na die finaal toe. Die finaal was baie gelykop om mee te begin en die eindtelling het nie die ware weergawe van die wedstryd weerspieël nie.
All Stars het die wedstryd 21-7 gewen, met die wendrie, wat reg teen die einde van die wedstryd aangeteken is.
ALSO READ: Dalviewer van die Jaar verstom met haar sport prestasies
ALSO READ: Ekurhuleni East Darts Association to close year with inter-district champs









