Local newsNews

Leerder ontvang 148 toekennings in een jaar vir kultuur

Haar doel is om haar eie rekord te verbeter met 200 of meer toekennings in 2025.

Mia Blignaut, wat vanjaar haar laerskool loopbaan aan die Laerskool Brakpan-Oos voltooi het, is ‘n kultuurster van formaat, wat dié jaar 148 toekennings agter haar naam kan skryf.

Mia neem al vandat sy drie jaar oud is aan kunswedstryde deel. Volgens ma, Cherie Blignaut, was sy ‘skaars ‘n paar baksteen hoog daardie tyd’.

In Graad Twee het sy soveel kunswedstryd items gewen dat sy aangewys is as Brakpan-Oos se kultuur wenner van die jaar.

Sy het aan Allegretto, Del Arte, en Brakpan kunswedstryde deelgeneem, en is weer die 2024 kultuur wenner aangewys, dié keer die senior titel.

Sy doen ‘n magdom items, van spreekkoor, na poësie, mimiek, verskeie genres musiek, na Lego kuns, TikTok en sy was ook lid van Brakpan-Oos se senior koor.


LEES OOK: Darts association honours members at annual prize-giving


Net ses van die magdom toekennings is van die skool af, met die res, wat verskeie item wenner sertifikate is, van die kunswedstryde waaraan sy deelgeneem het. Sy het wel erekleure ontvang by die skool vir kultuur, en sy was op die leerlingraad.

Mia het selfs deurgedring na die nasionale ronde vir haar Gospel sang met klavierbegeleiding, voorgeskrewe gedig en Lego kunsstuk.

Haar grootste inspirasie is haar ma en ouma, en haar droom is om eendag ‘n rol in ‘n fliek te vertolk. As sy aan kunswedstryde ‘n nuwe item kon voorstel, sal dit mimiek saam jou troeteldier wees.

Mia is baie lief vir haar troeteldiere, en haar grootste hartseer in haar lewe tot dusvêr is die afsterwe van haar hond, wat van haar geboorte af met haar gegroei het.

Mia se doel vir Graad Agt is om haar rekord te verbeter met 200 of meer toekennings vir die jaar. Sy gaan haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Hans Moore voortsit.



LEES OOK: Laerskool Brapan-Oos se skoolhoof groet na 36 jaar in die onderwys

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button