Local newsLocal sportNewsSport

Brakpan Rugbyklub triomfeer in eerste Castle Superliga wedstryde

Brakpan Rugbyklub het ‘n indrukwekkende vier uit vier wenne behaal in hul openingswedstryde van die Castle Superliga op Bosman Stadion, insluitend ‘n opwindende terugkeer deur die eerste span teen die Grizzlies.

Dit was vier uit vier vir die Brakpan Rugbyklub se openingswedstryde in die Castle Superliga op Bosman Stadion die naweek.

‘n Goed voorbereide Brakpan het teen die Grizzlies uitgedraf en die eerste, tweede, derde sowel as die o-21spanne het ‘n wen aangeteken.

Brakpan se eerste span was wel in hul wedstryd teen halftyd met 12-18 agter maar die span het in die tweede helfte met mening terug gekom om die wedstryd met 38-28 in hul guns te beklink.

Louis de Bruyn het twee keer agter die doellyn gaan kuier met Brendon Swart, Tjaart Scheepers, Ruben Beytel en Keagan Balfour wat elk een drie gedruk het.


Die nuweling in Brakpan se eerste span, Zamien Martin is as speler van die wedstryd aangewys.

Kyle Benadé het drie verdoel en Beytel een. Die nuweling in die Brakpan span, Zamien Martin is as speler van die wedstryd aangewys.

Die tweede span het met 19-17 gewen, die derde span met 29-18 en die o-21 span het oortuigend met 51-15 gewen.

Die voorsitter van die klub, Frikkie Bosman het na afloop van die suksesvolle middag gesê dat hy trots is op sy bestuur, die toeskouers, borge, spelers asook die gemeenskap van Brakpan.

Die dag is suksesvol aangebied en uit verskeie oorde geprys.


LEES OOK: Register now for Trap de Val 100-Miler


“Die verbeterings wat by die klub aangebring is, en waarmee ons nog besig is, is op almal se lippe en ons mikpunt is om die gloriedae weer te laat herleef,” het Bosman gesê.

“Ons maak staat op ons gemeenskap se ondersteuning en gaan in die toekoms meer geleenthede aanbied, om sodoende meer mense by ons mooi stadion te kry.

“Ek was verheug dat ons al vier ons wedstryde gewen het. Harde werk lê voor maar ons sien uit na ‘n groot en positiewe seisoen.”

Brakpan reis Saterdag na Rustenburg om teen Sibanye Stilwater te speel.


LEES OOK: Geen keer aan oud-Morrie atleet wat rekords laat spat


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button