Inwoner (91) kook nog konfyt vir ‘n vale
Die inwoner van Brenthurst is gereeld agter die stoof om heerlike kofyt te kook.
Piet Erwee (91) van Brenthurst laat nie toe dat sy ouderdom hom enigsins kortwiek nie, en beplan nog groot dinge vir die jare wat voorlê.
Hy is trots op die eksotiese pampoene wat hy onlangs geoes het. Hy het dit vanaf saad gegroei. Die saad is aan hom geskenk deur sy kleinseun, Rewald Erwee, vanuit Amerika.
Een van die pampoene, ‘n kleurvolle oranje een, is ‘n Turkse Tulban (Turk’s Turban of French Turban in Engels) en is blykbaar baie smaaklik.
Piet sit nooit ledig nie, en maak ook nog heerlike konfyt van sy vye en vrugtebome wat hy nog self versorg.
Die konfyt verkoop hy om sy pensioen aan te vul. Hy sien altyd uit na uitdagings, en laat nie toe dit ‘n uitdaging ‘n struikelblok word nie.
LEES OOK: Tweedy Park residents let down again by broken lifts
LEES OOK: Operation Shanela cracks down on crime



