Local newsNews

Geliefde inwoner van Alan Woodrow Aftree-oord word onthou vir haar geloof en deernis

Griet was baie lief vir baldans en het tot 'n week voor haar dood gedans.

Griet Hulley (76), ‘n inwoner van die Alan Woodrow Aftree-oord is op 5 Februarie oorlede. Sy sou ‘n derde rugoperasie ondergaan het, maar is na ‘n mediese terugslag oorlede.

Haar dogter Suret Ströh, wat vir 18 jaar in Brakpan gebly en in 2021 na die Strand in die Wes-Kaap verhuis het, vertel haar ma het baie pyn gehad.

“Ek is op die dag van haar dood deur ‘n familielid laat weet dat my ma kritiek is en ek het dadelik my vlug Johannesburg bespreek.

“Ek kon nie betyds by haar kom om haar stem vir die laaste keer te hoor nie, maar het by haar gesit, vir haar gebid en haar gunsteling liedjie gespeel,” het Suret vertel.

Griet was geliefd onder haar mede inwoners by die oord en is beskryf as ‘n stil vrou met ‘n onwrikbare geloof wat elke dag vir elkeen van haar kinders by hul naam gebid het.

“My ma was altyd netjies aangetrek, haar hare was altyd mooi gedoen en alles was netjies en op hul plek. Sy het soveel deernis en liefde vir haar medemens gehad en vele mense het my vertel hoe sy hulle lewens aangeraak het,” het Suret vertel.

In ‘n familie wat deur erge trauma is die afgelope jare, was Griet ‘n buitengewone vrou wat die ware betekenis van moed en geloof gedemonstreer het.

In 2019 het Griet se jongste dogter, Ronel haar eie lewe geneem. In April 2021 is haar man Brian Hulley oorlede en kort daarna het haar skoonseun (Ronel se man) ook sy eie lewe geneem.

Griet het die reeks hartverskeurende familie traumas moeilik verwerk maar het steeds vas gestaan in haar geloof.

Suret, ‘n sakevrou, is gewoond daaraan om geleenthede te beplan en te reël maar met die skielike nuus van haar ma se dood het sy nie geweet waar om te vat of te los nie.


Griet Hulley is op 5 Februarie oorlede. Sy was ‘n inwoner van die Alan Woodrow Aftree-oord en is beskryf as ‘n stil vrou met ‘n onwrikbare geloof.

“Ek moet probeer sterk staan vir my familie, maar om skielik haar begrafnis te reël en haar hele huishouding op te pak terwyl ek gehoop het vir ‘n laaste koffie saam met haar, is vir my bitter hartseer.

“My ma was ons steunpilaar; ek moet in haar skoene staan en sal dit met trots doen. Ek weet sy het baie pyn gehad en was moeg en reg om na die Een te gaan vir wie sy die liefste was, haar Hemelse Vader,” het ‘n emosionele Suret vertel.

Griet was baie lief vir dans en het die stokperdjie vanaf haar jonger dae af beoefen. Ten spyte van haar pyn, het sy weekliks gegaan vir haar baldans klasse en het tot ‘n week voor haar dood nog gedans.

Griet se gedenkdiens het op14 Februarie vanuit die Freeway Bybelkerk in Boksburg plaasgevind. In die lig van Suret se beproewings het sy besluit om haar ervarings te gebruik om ander te help.

Sy het reeds ‘n ondersteuningsgroep gestig vir mense wat deur soortgelyke traumas gaan, en deel gereeld haar storie en wysheid met dié wat dit nodig het.



LEES OOK: Help needed to get Brakpan SPCA’s new wheels on the road

LEES OOK: Connection Hub aims to bring small business owners together

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button