Local newsLocal sportNewsSport

Brakpan Rugby Klub opgewonde oor semi-finaal ná struikelblokke teen Rhinos

Spelers is besig met voorbereiding vir Saterdag se semi-finaal wat 'n taai stryd gaan wees.

Brakpan Rugby Klub se spanne het Saterdag gemengde welslae in hul Castle Superreeks wedstryde teen Northam Rhinos gehad.

Die goeie opkoms van ondersteuners was egter ’n hoogtepunt, wat deur die klubbestuur geloof is. Die eerste span het in ’n klipharde wedstryd naelskraap met 33-36 verloor.

Die rustyd telling was 14-19 ten gunste van die besoekers. Brakpan se puntemakers was Keagan Balfour, Xander Marais, Tjaart Scheepers, Henry Pike en Jason Edwards.

Ruben Beytell het vier van die vyf drieë verdoel. Die tweede span het hul wedstryd gewen met 22-19 terwyl die derde span ’n verloor aangeteken het met die telbord op 7-24.

’n Vurige o21 span het ’n goeie dag op die veld beleef en met 67-5 gewen.


Die eerste span se kaptein en losskakel, Ruben Beytell (links) en die buite senter, Thinus Ueckermann vat ’n Northam Rhino speler vas. Foto: Manie du Plessis

“Brakpan Rugbyklub bestuur bedank ons borge, afrigters, gemeenskap en ondersteuners vir ‘n suksesvolle dag,” het Frikkie Bosman, voorsitter van die Brakpan Rugbyklub gesê.

“Ons is besig om op en vanaf die veld die vrugte pluk en is super trots op ons spelers. Ons doelwit was om vir die halfeindstryd te kwalifiseer in die Castle Super Liga en ons het dit bereik.

“Ons weet wat vir ons wag in ons volgende ronde wedstryde maar sien uit na die geleentheid om ons te meet teen die top klub in Suid-Afrika.

“Ons vra dat die ondersteuners en gemeenskap sal aanhou om ons te ondersteun want sonder julle is ons niks,” het Bosman gesê.

Brakpan se volgende wedstryd is ‘n halfeinstryd op 15 Maart teen die Naka Bulle, die nommer een nie-tersiêre klub in Suid-Afrika en huidige Gold Cup en Carlton Kampioene.



LEES OOK: Just Wheels to hold tractor and engine day

LEES OOK: Pasgebore baba soos gemors in sak onder boom gelaat, sterf ‘n dag later

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button