KYK: Kinders laat waai tydens inter-kleuter byeenkoms
Daar was oor 'n duisend ondersteuners op die dag.
Kleuterskole van regoor die dorp het op 15 Maart die koue trotseer om deel te neem aan die jaarlikse inter-kleuterskole atletiek byeenkoms.
Die organiseerders vir vanjaar se byeenkoms was Brakanjan en die Laerskool Môrewag sportvelde is gebruik vir die doel.
“Die geleentheid was vol sportmanskap, gelag en ‘n sterk gemeenskapsgees soos die jong atlete die veld aangedurf het om hul entoesiasme en talent te wys,” het Elicia Human-Willemse, Brakanjan mede-eienaar saam met Charlotte de Wit gesê.
Skole wat deelgeneem het was Brakanjan, Devon Hulpsentrum, Trippe Trappe Trone, Rafiki Pre-Primêr, Laaitjies en Ladies, Flip Flap Kleuterskool, Dalpark Kleuters en Laerskool Môrewag se graad RR en R klasse.
Ongeveer 360 kinders het deelgeneem, en daar was ‘n skare van sowat 1 300 ondersteuners langs die baan.
“Die toeskouers het ‘n elektriese atmosfeer geskep vol van aanmoediging en vreugde,” het Elicia gesê.
“Buiten die resies het die dag ook gedien as ‘n geleentheid om terug te gee aan die gemeenskap. Om die Brakpan DBV te ondersteun is deelnemers en toeskouers aangemoedig om skenkings te bring vir die vereniging, en ruim bydrae in die vorm van kos, komberse, speelgoed en ander troeteldier benodighede in te samel,” het Elicia bygevoeg.
Die dag het baie genot en samewerking gesien, met ‘n vrolike parade van elke skool, ‘n danskompetisie tussen pa’s uit die skare, en baie speletjies buiten die resies.
ALSO READ: Boxers throw fists at Transnet Engineering tournament
ALSO READ: Dalpark Independent School’s Big Walk combines fitness and fun






