Local newsNews

Kaléo gemeente vier 50ste bestaansjaar

Die kerk hoop om vanjaar die groot mypaal op gepaste wyse te vier.

Dalpark Kaléo gemeente (NG Kerk Dalpark) vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar en vir die gemeente is dit ‘n Jubeljaar.

Die kerk het in 1975 afgestig van die NG Dalview gemeente, deurdat die uitbreiding van Brakpan in die Dalpark area spesifiek, toe deur ds Dirk Myburgh, die eerste leraar vir die gemeente, voorspel is.

In daardie tyd was Dalpark nog ’n plaas gebied, maar ds Myburgh het besef dat die gemeenskap van Brakpan groei, en binnekort nog verder sou uitbrei.

Hy het toestemming gekry om af te stig en grond is gebreek om die kerk te bou. Die pastorie is eers gebou, waarna die kerkgebou en kerksaal bygevoeg is.

Die kerk het in sy 50 jare van bestaan slegs sewe leraars gehad, wat volgens die huidige leraar, ds Hennie Pienaar ‘n goeie aanduiding is van ‘n gemeente se band met hul leraars.

Die kerk se visie is om die goeie boodskap te verkondig, en om te dien met liefde. Na ‘n laagtepunt vir die gemeente waat ‘n leraar wat met die gemeente ‘n band moes verbreek, het die gemeente weer herstel met ‘n daad van liefde: om voete te was.


Die kerkgebou is 50 jaar terug gebou.

Die visie het toe verder gegroei na een van “werk uit die voltooide werk van Jesus” en dit is toe besluit om die vorige en huidige visies saam te smelt na een wat sê: “Gevestig, geborge, gestuur.”

Die gemeente is nou gevestig in Jesus, geborge in ‘n geestelike familie en gestuur om die goeie boodskap te versprei.

Die kerk het ook, soos baie NG kerke regoor die land, ‘n afname in lidmaatskap waargeneem, en het uit die nood begin moderniseer.

Aanddienste is aanvanklik elke tweede Sondagaand, onder die Kaléo vaandel aangebied, musiek en diens is opgeknap, en die kerk beskik ook nou oor ‘n koffie winkel.

Die kerk bedien nou onder die Kaléo naam, wat Grieks is vir “roep uit” of om iemand op hul naam te roep, afhangend van die konteks.

Met die naam roep die kerk uit na die gemeenskap om betrokke te raak; nie net by die dienste nie, maar ook die liefdadigheidswerk wat die kerk aanbied.


LEES OOK: Dalview se geliefde dokter hang sy stetoskoop op ná 40 jaar


Tydens die Covid-19 pandemie het die kerk, in samewerking met ander kerke en instansies juis ongeveer R600 000 se kos in pakkies verdeel en uitgedeel aan gesinne wat hul inkomste verloor het weens die pandemie.

Dié tydperk was vir ds Pienaar beide ‘n groot hoogtepunt en swaar laagtepunt. Die hoogtepunt was om te sien hoe die gemeenskap steeds saam staan, selfs wanneer hulle nie fisies saam kan wees nie.

Die laagtepunt was natuurlik die pandemie self, en alles wat daarmee gepaard gegaan het.

“Die gemeenskap voel nog steeds die nagevolge, en is daar baie swaarkry in Brakpan,” het Pienaar gesê.

Dit is Dalpark Kaléo se doel om, waar hulle kan, die swaarkry te verlig.

“Ons wil hoop bring in al die sektore van die samelewing.”



LEES OOK: New deputy principal ready to make a lasting difference

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button