Local newsNews

Opvolg: Begroting is rede vir agterstallige onderhoud by Tweedy Park

Terwyl daar nog begroting beskikbaar is word onderhoud gedoen soos wat die nood daarvoor opduik, sê die Metro.

Die Brakpan Herald het onlangs verslag gedoen oor die toestand van die woonstelle by die Tweedy Park Kompleks (“Gebreekte vensters, weeluise en kokkerotte teister bejaardes by Tweedy Park,” 10 April).

Die berig het gehandel oor die meestal bejaarde inwoners se stryd teen ’n plaag van kokkerotte en weeluise, asook die gebrek aan instandhouding en beweerde intimidasie.

Een inwoner sit al vir meer as vier maande met ’n groot gebreekte ruit wat hy nie self kan vervang nie, weens die hoë kostes daaraan verbonde.

Navraag is gerig aan die Stad van Ekurhuleni oor die agterstallige onderhoud van die perseel, en die volgende kommentaar is ontvang:

“Die eenhede word onderhou soos wat herstelwerk opduik, en binne die perke van die beskikbare, goedgekeurde begroting.”



LEES OOK: Wednesdays reserved for pensioner licence renewals

LEES OOK: Dapper Sonneveld-kleuter veg teen aggressiewe kinderkanker

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button