Local newsNews

Dalpark 1 inwoners bring hulde aan Bart Zaayman

Bart Zaayman was 'n steunpilaar in die gemeenskap en sy afsterwe laat 'n groot leemte.

Die inwoners van Dalpark Een, waar Bart Zaayman vir 35 jaar woonagtig was, het in ’n spesiale huldeblyk aan hom,’n trekker by die ingang van die omheinde woonbuurt geparkeer, met ’n boodskap van meegevoel daarby.

Die 73-jarige inwoner is Maandagaand oorlede na ’n stryd teen kanker.

Bart was gereeld op die rooi trekker, wat aan die Huiseienaarsvereniging behoort, te sien, waar hy besig was om gras in die buurt te sny.

Hy was baie betrokke in sy woonbuurt en het ook vir jare as voorsitter van die Huiseienaarsvereniging gedien. Sy begrafnis vind op 6 Junie om 10:00 vanuit die NG Kerk Dalpark in Boekenhoutstraat plaas.

Lede van die Just Wheels Motorklub, waarvan Bart ’n stigterslid was, gaan om 09:15 vanaf die klubhuis in Dalview in ’n konvooi na die kerk vertrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button