KYK: Huldeblyke aan Bart Zaayman van regoor die gemeenskap
Bart was 'n betrokke en bekende lid van die gemeenskap.
Familie, vriende, lede van die Just Wheels Motorklub, inwoners van die dorp en ander belangstellendes het gisteraand (Donderdag) en vandag (Vrydag) afskeid geneem van Bart Zaayman.
Bart is Maandagaand, 2 Junie, oorlede na ’n lang stryd teen kanker. Donderdagaand het die Dalpark Een gemeenskap bymekaar gekom vir ’n kersligwaak ter ere van Bart.
Sy jare lange vriend, Jan van Tonder, en sy vrou, Lynette, het huldeblyke aan Bart gelewer.
Vanoggend (Vrydag) het die Just Wheels Motorklub hul eie eer betoon deur ’n konvooi van klublede se antieke en pasgemaakte voertuie vanaf die klubhuis na die begrafnisdiens te ry.
Die begrafnisdiens het in die NG Kerk in Boekenhoutstraat, Dalpark, plaasgevind.
Bart – ’n betrokke lid van die Dalpark Een-gemeenskap, stigter van die Just Wheels Motorklub, geliefde eggenoot en pa, en een van die stigters van die Brakpan vir Brakpan-organisasie – is op ’n waardige en gepaste wyse gegroet.





