Local newsNews

Hoërskool Stoffberg toneelspan beïndruk by Bloemfonteinse toneelfees

Die toneelstuk het die skool tweede plek en twee addisionele pryse laat inpalm.

Hoërskool Stoffberg toneelgroep het tydens vanjaar se ATKV Reza de Wet Toneelfees groot lof ingepalm en is as naaswenners aangewys.

Die groep het ook toekennings ontvang vir beste tegniese versorging en beste teks.

Die toneelfees vind jaarliks plaas by die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, en het vanjaar vanaf 5 tot 7 Julie plaasgevind in die Wynand Mouton Teater by die Universiteit van die Vrystaat.

Die teks van die toneelstuk, Die Eksotiese Epiloog van Eddie, was ontwikkel deur Kobus van der Schyff-Smal van SSStudios.


Hoërskool Stoffberg se opvoering by die ATKV Reza de Wet Toneelfees het twee pryse en ‘n naaswenner posisie ingepalm. PHOTO: JAYLIGHT Media.

Hy het ook as regisseur gedien, saam met Wayne van der Schyff-Smal en Marioné Muller. Stoffberg se Anäis Jansen van Vuuren en Rouxle Mostert het ondersteun.

Die hoofkarakters was Carla Schonfeldt, Ulrich Slabbert, Darlin Scott en Henlo Meyer.

Bykomende akteurs was Chermelé Wolmarans, Ewaldt Rademan, Chezaan van Niekerk, Charmoné Karsten, Janka Ströh en Jani Grobler.

Die tegniese span het bestaan uit Micke Fulton, Angelique Vorster, Dylan Karsten, Hermanus Roux, Zandré Pitzer en Minanté Pieterse.



LEES OOK: Oos-Rand Sakevroue terug met nuwe komitee en nuwe visie

LEES OOK: Brakpan Central Local Football Association ends season on high note

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button