Local newsNews

VIDEO: Biduur vir jong rugby speler na gesondheidskrisis lok baie

Spanmaats, familie en lede van die publiek het bymekaargekom om vir Paul se herstel te bid.

’n Groot skare het op 17 Julie om 18:00 by die Verre-Oos-Rand Hospitaal bymekaargekom om te bid vir die spoedige herstel van Paul Schutte en om hul ondersteuning te toon.

Paul, ’n Graad 11 leerder aan Hoërskool Die Anker, het onlangs ’n gesondheidskrisis beleef toe sy blindederm gebars het.

Aanvanklik het dit nie goed gegaan met hom nie, en hy moes twee operasies ondergaan om septiese weefsel te verwyder.



Op 17 Julie het Paul begin beter voel, en is sy toestand as stabiel verklaar, maar daar lê steeds ’n lang pad van herstel voor.

Tydens die gebedsgeleentheid is ’n spesiale rugbytrui omgestuur sodat vriende en familie boodskappe vir Paul daarop kon skryf. Die trui het ook ’n Bybelvers, Psalm 91:14.

Paul se pa, Christo Schutte, het genoem dat Paul baie waarde heg aan enige rugbytrui.

“Hy het selfs sy ou laerskool Valkie-trui bewaar,” het hy gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button