Local newsNews

Brakpan VLU skenk komberse aan House of Grace Retirement Facility

Lede van die publiek het ook blokkies by Lalies Den afgelaai vir die komberse.

Die VLU Brakpan-tak het onlangs komberse, handskoene, serpe en mussies oorhandig aan die bejaarde inwoners van die House of Grace Retirement Facility in Hastingslaan.

Kliënte van Lalies Den het ook handskoene en mussies asook gehekelde- en gebreide blokke geskenk sodat dit aanmekaar gewerk kon word vir komberse.

Die VLU-lede het die komberse aan mekaar gewerk en self handskoene en serpe gemaak. Anjoleen van Niekerk, die eienaar van House of Grace, is baie dankbaar vir die skenking.

“Ons glo elke bejaarde en gestremde moet met respek en geduld behandel word, om sodoende steeds hul waardigheid te behou ongeag hul gesondheid en omstandighede,” het sy gesê.

“Die kosbare handgemaakte items, wat met liefde gemaak is spesiaal vir ons, vir ons inwoners,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button