Local newsNews

Regstelling: Brakpan tiener oorgeplaas na Parkland

Die foutiewe inligting is geplaas in die onlangse opvolg artikel oor sy kondisie.

In die artikel “Brakpan tiener sterk aan in hospitaal na komplikasies” van 23 Julie is daar genoem dat Paul Schutte steeds in die Verre Oos-Rand Hospitaal aansterk, en dat sy ouers besluit het om fondse ingesamel aan te wend na sy lang herstelproses, eerder as ‘n oorplasing na ‘n privaat hospitaal.

Hierdie inligting is foutief, en Paul is op 18 Julie oorgeplaas na Springs se Life Parkland Hospitaal, waar die fondse aangewend word vir sy voordurende mediese sorg.

Die foutiewe inligting sal steeds in die druk uitgawe van die Brakpan Herald vir 25 Julie verskyn, aangesien die korreksie eers ontvang is nadat die koerant reeds drukkers toe gestuur is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button