Local newsNews

Brakpan tiener sterk aan in hospitaal na komplikasies

Hy het die hele Brakpan se harte aangeraak met sy storie tot dusver.

’n Graad 11-leerder aan Hoërskool Die Anker, Paul Schutte, se blindederm het aan die einde van Junie gebars en is op 27 Junie verwyder.

Hy moes op 1 Julie ’n tweede operasie ondergaan om septiese weefsel te verwyder en herstel sedertdien in die Verre Oos-Rand Hospitaal, waar hy geopereer is.

Op 17 Julie het gemeenskapslede, vriende, familie en eerste span rugbyspanmaats buite die hospitaal bymekaargekom om te bid vir Paul se herstel. (VIDEO: Biduur vir jong rugbyspeler ná gesondheidskrisis lok baie, 18 Julie.)

Tydens hierdie gebedsgeleentheid is ’n rugbytrui, waarvoor Paul nog altyd baie lief was, omgestuur vir mense om spesiale boodskappies op te skryf. Die Bybelvers, Psalm 91:14, is daarop gedruk.

Op 19 Julie het Paul se ouers die nuus ontvang dat daar vog op beide van sy longe is, en dreineringsbuise is ingesit om die vog te verwyder.


Paul Schutte in die hospitaal na sy operasies. PHOTO: Christo Schutte

“Toe ons gister (20 Julie) daar was, is meer as 500ml vog uit sy longe gedreineer,” het Paul se pa, Christo Schutte, gesê. “Hulle het ook ’n uroloog op hom gesit want hulle vermoed daar is komplikasies met sy uriene dreineringstelsel.”

’n Sielkundige het op 21 Julie, met Paul gesels omdat sy gemoedstoestand die dokters bekommer het. Sy het aan Christo meegedeel dat Paul aan sewe van die agt kriteria vir ’n diagnose van Posttraumatiese Stressteuring (PTSS) voldoen. Sy is besig om met Paul te werk om hom te help met die stres en trauma van sy herstel.

Die gesin het ook aanvanklik ’n BackaBuddy-veldtog van stapel gestuur om Paul te laat oorplaas na ’n privaat hospitaal, wat hulle op daardie stadium geglo het die beste uitweg is.

Hulle het sedertdien besluit om die fondse eerder te gebruik vir Paul se lang herstelproses, aangesien hy fisiese terapie, medikasie en sielkundige ondersteuning sal benodig.

Die BackaBuddy is steeds aanlyn vir die insameling van fondse vir die nuwe doelwitte, en die skakel hiervoor is: https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-save-pauls-life.


LEES OOK: Illicit cigarette bust in Brakpan nets R24 000 in seized goods

LEES OOK: From the newsroom to those in need: Caxton delivers Mandela Day kindness


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button