Sonneveld Akademie leerders ontmoet hul kriekethelde
Die twee grondslagfase leerders het die geleentheid gekry om hul kriekethelde te ontmoet.
Twee leerders van Sonneveld Akademie se grondslagfase het onlangs ’n droom bewaarheid toe hulle die kans gekry het om hul kriekethelde van naby te ontmoet.
Phoebe-Ann Levey en De Wet Branders is genooi om trofees te oorhandig tydens Krieket Suid-Afrika se Pathway Toekennings van 2025, ’n prestigegeleentheid waar talentvolle jong krieketspelers uitgelig word.
Die twee jong leerders het skouers geskuur met van die land se topkrieketspelers, insluitend lede van die Proteas-span, en die ervaring het vir hulle ’n blywende indruk gemaak.
Die skool en ouers het hul trots uitgespreek oor die kinders se betrokkenheid by so ’n noemenswaardige geleentheid.





