Local newsNews

Tiener met mes aangehou en van selfoon en skoolfonds beroof in Sallies Village

Die tiener het homself probeer verdedig maar hy is gedreig en beveel om stil te bly.

’n 14-jarige leerder is Vrydagoggend vroeg deur twee mans oorval, met ’n mes aangehou en van sy selfoon en kontant, wat vir skoolfonds bedoel was, beroof.

Die voorval het plaasgevind toe Wayne Koopman op die hoek van Umfolosi- en Klipstraat in Sallies Village vir sy daaglikse vervoer na Hoërskool Die Anker gewag het.

Twee mans het die tiener genader en vir ’n sigaret gevra. Toe hy vir hulle sê dat hy nie sigarette het nie, het een van die mans hom teen die grond gedruk en ’n mes teen sy keel gehou.

Die ander man het hom deursoek en sy selfoon en die kontant, wat in die selfoon se omhulsel was, gevat. Wayne het homself probeer verdedig, maar die mans het hom gedreig. Die booswigte het daarna op die vlug geslaan.

“Wayne het terug gehardloop na ons huis, wat baie naby is aan die plek waar die voorval plaasgevind het, en my vertel wat gebeur het, waarna ek die SAPD gekontak het,” het Amanda Koopman (40), Wayne se ma, gesê.


LEES OOK: Planned power outage to hit part of Brenthurst


“Ek het ’n bietjie bloed aan sy das gesien, maar gelukkig was daar nie ’n ernstige snymerk aan sy keel nie. Ek glo sy das en sy hemp se kraag het sy nek beskerm teen die mes,” het Amanda vertel.

Die gesin woon al 15 jaar in Sallies Village en normaalweg sou Wayne se ouer suster, Waydean (18), saam met hom gewag het om skool toe te gaan.

Sy het egter Vrydag nie skool bygewoon nie, en dus was Wayne op sy eie.

“Ek is net baie dankbaar dat my kind nie seergekry het nie. Die voorval is vir ons almal baie traumaties en kinders moet maar baie versigtig wees wanneer hulle buite is,” het Amanda gesê.

Die voorval word deur die SAPD ondersoek.



LEES OOK: Four arrested for speeding on R23: Highest clocked at 130km/h

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button