Moeilike, winderige dag vir visvang by Verre Oos-Rand Hengelklub se maandelikse kompetisie
Die weer het nie saamgespeel vir die hengelaars nie.
Die Verre Oos-Rand Hengelklub het op Vrouedag by Trichardtsfontein sy maandelikse kompetisie gehou. Dit was ’n koue, winderige dag.
Onder die agt hengelaars is daar slegs agt vis ingetrek met ‘n gesamentlike gewig van 3.6kg. Die mans-afdeling wenner is Willem Zowitsky met vyf vis van 2.15kg.
Die meesters-afdeling wenner is Johan van der Westhuizen met twee vis van 1kg, gevolg deur Kobus van Zyl met een vis van 0.45kg.
Die ander hengelaars het geen vis ingetrek nie.
Die klub se volgende kompetisie sal by Aqua Via hengeloord naby Villiers op 13 en 14 September plaasvind. Vir meer inligting, kontak Kobus van Zyl by 082 411 2669 of Pieta Bekker by 062 789 280.
Besoekers is welkom.



