Die tema van Sondag se opedag was bakkies. Foto: Thelma Koorts
Die Just Wheels Motorklub het Sondag talle besoekers by sy maandelikse opedag verwelkom. Die tema van die dag was bakkies en besoekers is nie teleurgestel nie, met ‘n indrukwekkende uitstalling van bakkies van alle fabrikate en jaarmodelle.
Melienke Holliday (2) van Boksburg was een van die jonger besoekers aan die opedag. Benenwens die motorskou is daar ook elke maand ‘n vlooimark, kosstalletjies en vermaak vir oud en jonk
Foto: Thelma Koorts
Gert Roesthoff van Kempton Park was een van die persone wat die opedag ondersteun het. Hy het met sy 1961 C20 Chevrolet bakkie gespog. Foto: Thelma Koorts
Annette en Abi-Bail Greyling het die opedag saam met hul viervoetige gunstelinge geniet. Foto: Thelma Koorts
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.