Brief: Haweloses op Anzac sirkel is nie veilig nie
Mense woon in gevaarlike omstandighede, en dit kan ‘n risiko vir motoriste inhou.
Willem van Aardt skryf per e-pos:
Ek merk met groot bekommernis die groep mense wat op die Anzac-sirkel hulle intrek geneem het nadat ‘n gedeelte van Plastic City in ‘n brand verwoes is.
Ek verstaan dat die mense nie ‘n heenkome het nie en in slegte omstandighede daar woon, maar dit kan sekerlik nie toegelaat word nie.
Ek ry net bedags daar en nie in die aand nie, maar ek kan my net voorstel dat die area redelik donker sal wees. Wat gaan gebeur as ‘n motoris hom- of haarself misgis en op die sirkel te lande kom? Mense gaan seerkry en die motoris gaan die gevolge dra.
Die owerhede sal vinnig plan moet maak met die situasie voordat daar ‘n lelike ding gaan gebeur. Redakteur se nota: ‘n Navraag oor hierdie situasie is aan die Stad van Ekurhuleni gestuur.
LEES OOK: OPINION: Brakpan’s streets now lined with casinos



