Local newsNews

Pret en plesier wag by Brakpan-Noord se boeresportdag

NG Kerk Brakpan-Noord kinderbediening nooi jong en oud na ’n dag vol pret, sport en gemeenskapsgees by die Laerskool Brakpan-Oos sportveld.

Jong mense van die dorp word uitgenooi na ’n boeresportdag wat deur die Kinderbediening van die NG Kerk Brakpan-Noord aangebied word.

Die geleentheid begin om 08:00 by die Laerskool Brakpan-Oos se sportveld.

’n Verskeidenheid prettige aktiwiteite is beplan. Spanne kan inskryf om deel te neem aan onder meer ’n ballonresies, eierloop, toutrek, driebeenresies en sakspring.

Die publiek kan ook stalletjies en kosstalletjies bespreek, terwyl musikante genooi word om hul musiek aan die gemeenskap bekend te stel.

Om ’n span in te skryf of ’n stalletjie te bespreek, skakel 065 891 4938 of stuur ’n e-pos na [email protected]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button