Brakpan triomfeer by Heidelberg se sewestoernooi
Byna 20 spanne het aan Heidelberg Rugbyklub se gewilde sewesdag deelgeneem, waar Brakpan uiteindelik as wenners uit die stryd getree het.
HEIDELBERG – Brakpan het op 1 November as die trotse wenners uit die stryd getree tydens Heidelberg Rugbyklub se jaarlikse sewes rugbytoernooi.
Die span het in ’n spanningsvolle eindstryd teen Nigel seëvier nadat hulle naby die einde van die wedstryd ’n beslissende drie gedruk het.
Die eindtelling was 19–14
Die toernooi, wat op Volkskool se velde plaasgevind het, het nagenoeg 20 junior- en senior spanne gelok en was ’n volle dag van opwindende aksie, sportgees en spanwerk.
Die wedstryde is so opgedeel dat al die spanne die geleentheid gekry het om hul klas, spoed, fiksheid en uithouvermoë ten toon te stel.
Na die rondomtalie-wedstryde het die kwarteindrondes, halfeindstryde en die eindstryd gevolg.
Die ander uitslae was as volg:
*Derde plek (plaat wenner): Springs
*Vierde plek: Wasps A
*Vyfde plek: (Bowl): Wilde Honde
*Sesde plek: Panne Wit
*Sewende plek: Amra Knights (skild wenner)
*Agtste plek: Wasps B
*Negende plek: Killer Bees
*Tiende plek: Nigel 2
*Elfde plek: Barbarians Rooi
Die goeie gees, samehorigheid en volle toewyding waarmee die spanne gespeel het, het regdeur die dag duidelik uitgestaan.
















