Local newsNews

Brief: Jong kaavoet seuntjie vul slaggate in Main Reefweg

’n Jong kaalvoet seun is die naweek in Main Reefweg naby Rock Raceway gesien waar hy met ’n graaf probeer het om ’n slaggate op te vul.

Benita van Loggerenberg skryf per e-pos:

Ons het Saterdagoggend in Main Reefweg die rigting van Benoni gery toe ons ‘n jong seun (hy kan nie ouer as sewe jaar wees) opgemerk het waar hy probeer het om ‘n groot slaggat in die pad op te vul.

Dit was in die omgewing van die Rock Raceway.

Met ‘n graaf aan die hand en ‘n glimbaadjie wat te groot is vir hom, het die klein kaalvoet seuntjie sy bes probeer om slaggate in die pad op te vul.

Ons het later die middag en Sondagoggend weer daar verby gery en die seuntjie was nog steeds aan die werk.

Dit was net verbasend om te sien dat die kind ‘n verskil probeer maak.

Ek hoop net dat hy veilig sal bly terwyl hy so in die pad aan die werk is.



LEES OOK: Brief: Gemeenskapsbetrokkenheid by Tweedy Park verdien erkenning

LEES OOK: Brief: Dank aan dié wat op Kersdag diens by Brakpan Begraafplaas gedoen het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button