Laerskool Môrewag oorkom kragkrisis met sonkrag
Die skool is verheug om amptelik aan te kondig dat die skool se kragtoevoer ten volle herstel is met die nuwe stelsel.
Die kragtoevoer van die Laerskool Môrewag is op 26 Februarie ten volle herstel, nadat die krag op 5 Januarie 2025 weens finansiële uitdagings afgeskakel is.
“Ten spyte hiervan het die skool vir langer as ‘n jaar voortgegaan om te funksioneer met behulp van kragopwekkers, sodat onderrig so min as moontlik ontwrig word,” lui ‘n media verklaring wat die skool uitgereik het.
“Gedurende hierdie tyd is ‘n fondsinsamelingsprojek van stapel gestuur om ‘n volhoubare sonkragstelsel te installeer.
“Deur die toewyding en samewerking van ons personeel, ouers, leerders en die beheerliggaam, asook die suksesvolle verkryging van borge, kon voldoende fondse ingesamel word om hierdie projek ‘n werklikheid te maak.
LEES OOK: Find out more about San Michele Home
“Ons het onlangs ‘n sonkragprojek suksesvol voltooi.
“Dit is vir ons ‘n pragtige verhaal van samewerking, deursettingsvermoë en gemeenskapskrag,” het die skool se projek- en mediakontak, Michelle Venter, gesê.
Die installasie van die stelsel is deur AHA Power Solutions professioneel uitgevoer.
“Ons spreek ons opregte dank en waardering uit teenoor elke personeellid, ouer, leerder en lid van die beheerliggaam vir hul lojaliteit, deursettingsvermoëen onwrikbare ondersteuning,” lui die persverklaring verder.
LEES OOK: East Rand Palliative Care celebrates 40 years of home-based support



