Daar is effe goeie nuus vir motoriste wat die afgelope tyd moes uitswaai vir slaggate in die dorp se paaie.
Die Herald het verlede week berig oor ‘n inwoner van Brenthurst se plan om motoriste teen ‘n enorme slaggat in Prince Georgelaan te waarsku. (Inwoner se plan waarsku teen slaggat in pad).
James Marais, wat self in Prince Georglaan woon en gesien het hoe talle motoriste skade lei as gevolg van die gat het ‘n teken aangebring om motoriste te waarsku.
Dít het ‘n gewenste uitwerking gehad en waarskynlik daartoe gelei dat talle motoriste skade aan hul voertuie gespaar is.
‘n Dag nadat die berig op die Herald se webtuiste gepubliseer is, is die gat opgevul.
Verskeie ander gate in Prince Georgelaan asook Van der Merwestraat is ook herstel.
Slaggate in Athlonelaan, wat motoriste warm onder kraag gehad het, is onlangs deur die Stad van Ekurhuleni opgevul.



