Local news
Groot dele van die dorp sonder krag
Dit is nie duidelik wanneer die krag ten volle herstel sal wees nie.

Groot dele van die dorp is sedert gisteraand (Vrydag) om 18:00 sonder krag.
Areas soos Brenthurst, Brakpan-sentraal, Vulcania en Anzac se krag het nie na die beurtkrag, wat gisteraand van 18:00 tot 22:00 geduur het, aangekom nie.
Blykbaar is daar gepoog om kabels te steel.
‘n Span kontrakteurs sou volgens inligting vanoggend om 8:00 begin het om die skade te herstel.
‘n Presiese tyd wanneer die kragtoevoer weer herstel sal wees is nie beskikbaar nie.
Brakpan is weer vir beurtkrag geskeduleer van 10:00 tot 12:30 en weer van 18:00 tot 20:30.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.