Brakpan se ‘Bulldog’ beoog nóg wêreldtitel ná sterk vertoning
Die South Africa Strict Arm Curl and Freestanding Curl Federation het die kwalifiseringsronde aangebied in Benoni.
Pieter “Bulldog” Vorster, ‘n bekende kragman in Brakpan wat in “slap fighting” presteer en verlede jaar aan ‘n wêreldkampioenskap deelgeneem het vir kragoptel, mik weer vir die wêreldverhoog.
Die South Africa Strict Arm Curl and Freestanding Curl Federation het op 18 April ‘n “Clash of the Empire” kwalifiseringsronde aangebied by die Iron Empire in Benoni, waar kragoptellers kon kwalifiseer vir die nasionale kampioenskappe.
Na die nasionale kampioenskappe, as Vorster daar ook wen soos hy het by Clash of the Empire, sal hy vir die tweede keer na die wêreld kampioenskappe aanbeweeg in sy afdeling.
Verlede jaar het Vorster in die Men’s Master Class 4 (ouderdom 55-59) goud gekry. (Two Brakpan power lifters grab the gold at world champs, November 10, 2025)
By die Clash of the Empire het hy in beide die strict arm curl (50kg) en freestanding curl (78kg) gewen.



