Brakpan klop Nigel 40–30 in Valke Rugby Presidentbeker-finaal
Die Panne was op die dag net te sterk en het hul oorheersing met ses drieë beklemtoon.
Brakpan se eerstes het Saterdag vir Nigel geklop in die finaal van die Valke Rugby Presidentbeker en daarmee nog ‘n gesogte stukkie silwerware vir die trofeekas gekry.
Alhoewel Nigel geen oomblik teruggedeins het vir die gunstelinge nie was Brakpan doodeenvoudig te sterk op die dag en het teen rustyd met 21–8 voorgeloop.
Die eindtelling van 40–30 het uiteindelik gesorg dat Brakpan die gesogte trofee kon lig. Nigel het vier drieë gedruk, waarvan twee verdoel is, en ook twee strafskoppe oorgeklits.
Brakpan het op hul beurt ses drieë aangeteken, met vyf suksesvolle doelskoppe. Nigel se tweede span, wat ook teen Brakpan uitgedraf het, het met 43–14 verloor.
ALSO READ: Kipchirchir, Silale shatter course records at Carnival City Marathon



