Local news

Brakpan verpletter Witrivier 86-7 in Pick n Pay Gold Cup wedstryd

Die skrif was reeds haltyd teen die muur toe die tellingbord op 43-0 in Brakpan se guns gestaan het.

Brakpan se eerste rugbyspan het Saterdag voortgebou op hul momentum in die tweede ronde van die Pick n Pay Gold Cup.

Witrivier Rugbyklub se span, wat na Brakpan gereis het vir die kragmeting, het min antwoorde gehad vir ’n geïnspireerde Brakpan-span wat van die veld afgestap het met ’n oorwinning van 86-7.

Brakpan het halftyd reedsmet 43-0 voorgeloop.

Dewet Rademan, wat ’n goeie dag op die veld beleef het en in alle aspekte van die wedstryd uitgeblink het, is as speler van die wedstryd aangewys.

Brakpan sit Saterdag hul stryd om die Gold Cup voort wanneer die span teen die Northam Rhinos te staan kom.

Die wedstryd vind tuis plaas en skop om 16:00 af. Toegang is R20 per persoon en R30 per voertuig.

“Ons nooi die publiek uit om in groot getalle op te daag en ons spelers te ondersteun,” het ’n woordvoerder van die bestuur van die klub gesê.


ALSO CHECK: New East Side Classic set to breathe life into local road racing

ALSO CHECK: SASSA reviews November grant payment dates ahead of local elections

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button