13de FAK Afri-Duetfees bring gevierde Afrikaanse stemme na die Suid-Afrikaanse Staatsteater
Brakpan se Loriska Schmidt en Lanie Coetser is onder die kunstenaars wat gaan sorg vir 'n uitsonderlike middag.
Musiekliefhebbers kan uitsien na die 13de FAK Afri-Duetfees wat Saterdag, 17 Oktober, om 14:00 in die Opera van die Suid-Afrikaanse Staatsteater in Pretoria plaasvind.
Twee bekroonde kunstenaars, wat inwoners van Brakpan is, Loriska Schmidt en Lanie Coetzer, sal die verhoog met ander uitmuntende sangers deel.
Die FAK Afri-Duetfees word in samewerking met Dinamika Finansiële Dienste en die Gereformeerde Kerk Magalieskruin aangebied.
Dit bring gevierde kunstenaars byeen, waaronder Jannie Moolman, Loriska Schmidt, Louis Loock en die internasionaal bekende sopraan Amira Willighagen.
Die fees sal ook hulde bring aan die bekende tenoor Jannie Moolman vir sy uitsonderlike bydrae tot Afrikaanse musiek.
OOK LEES: ERPC tackles myths and misunderstandings about palliative care
Die Afri-Duetfees het hom oor die jare heen as ’n belangrike gebeurtenis op die Afrikaanse musiekkalender gevestig en bied aan kunstenaars die geleentheid om bekende liedjies op ’n vars en unieke wyse deur middel van duetoptredes te vertolk.
Die 2026-fees bring van Suid-Afrika se geliefde kunstenaars byeen vir ’n produksie waarin stemme, persoonlikhede en musiekstyle mekaar aanvul.
Dit beloof ’n uitsonderlike middag wat die krag, talent en veelsydigheid van Afrikaanse musiek op een verhoog vier.
Die gehoor kan uitsien na optredes deur die duetpare Jannie Moolman en Loriska Schmidt; Hendri Myburgh en Nadia Beukes; Douwe Bijkersma en Lanie Coetzer; asook Louis Loock (van Romanz-faam) en die internasionaal bekende sopraan Amira Willighagen.
OOK LEES: There’s still time to register for special votes applications for 2026 Local Government Elections
Volgens ds Cassie Aucamp, sameroeper van die FAK Afri-Duetfees, is die geleentheid veel meer as net ’n konsert.
“Die Afri-Duetfees is ’n viering van wat gebeur wanneer kunstenaars hul talente kombineer en die mooiste instrumente wat die Here self geskep het, die stemme van ’n man en ’n vrou, in perfekte harmonie saamsmelt om ’n nuwe dimensie aan ’n lied te verleen.
“Vanjaar se duetpare verteenwoordig ’n uiteenlopende spektrum van Afrikaanse musiek, wat wissel van gevestigde name tot jonger stemme met groot potensiaal.
“Ons sien daarna uit om die gehoor te bederf met ’n middag van humor, uitsonderlike musiek, samewerking, volmaakte harmonie en onvergeetlike oomblikke,” het ds Aucamp gesê.
Kaartjies is by Webtickets beskikbaar.



