Hoërskool Stoffberg aktrise vang die oog op nasionale toneelverhoog
Twee van Stoffberg se produksies het vanjaar ook tot die Top 10 toneelstukke in die land deurgedring en aan die Allegretto-feesfinaal deelgeneem.
’n Jong aktrise van die Hoërskool Stoffberg het onlangs haar merk op die nasionale toneelverhoog gemaak toe sy by die Allegretto Landsfinaal aangewys is as die nasionale wenner van die beste vroulike hoofkarakter in ’n komedie.
Micke Fulton het dié gesogte toekenning ontvang vir haar vertolking in Hoërskool Stoffberg & SSSTUDIOS se produksie Break a Leg, waarmee die skool se naam op een van die grootste verhoogde vir skooltoneel in die land verteenwoordig is.
Die prestasie is die hoogtepunt van ’n besonder suksesvolle toneelseisoen vir Micke én vir Hoërskool Stoffberg.
Twee van Stoffberg se produksies het vanjaar tot die Top 10 toneelstukke in die land deurgedring en aan die Allegretto-feesfinaal deelgeneem.
OOK LEES: Names of fallen officers added to Brakpan SAPS Wall of Remembrance
Break a Leg het ’n indrukwekkende vierde plek behaal, terwyl Daar waar die Geeste is met ’n sewende plek geëindig het.
Vir Micke was die seisoen egter nie net oor toneelspel nie. Sy het ook besondere erkenning ontvang vir haar werk agter die skerms as verhoogbestuurder.
Sy is as wenner van Beste Verhoogbestuur by die GAMPU-week semifinaal aangewys.
Daarbenewens het sy gedurende die toneelseisoen drie goue en twee silwer toekennings vir Beste Verhoogbestuur ontvang.
OOK LEES: Brakpan verpletter Witrivier 86-7 in Pick n Pay Gold Cup wedstryd
Haar veelsydigheid het ook op die verhoog self uitgeblink, met twee goue toekennings vir Beste Spel.
“Die nasionale toekenning is ’n besondere erkenning van Micke se talent, toewyding en harde werk. Haar prestasie beklemtoon ook die gehalte van die talent wat by Hoërskool Stoffberg ontwikkel word,” het ‘n woordvoerder gesê.
Die skool se twee finalisproduksies, talle nominasies en verskeie toekennings het gesamentlik gesorg vir ’n merkwaardige seisoen vir Stoffies.
“Dit is ’n prestasie waarop ons as Stoffbergers ongelooflik trots is,” het ‘n woordoerder gesê.



