BlogsEditor's noteOpinion

In die kollig

Leer Kaylie Fourie ken.

Brakpan-sentraal inwoner Kaylie Fourie (16), ‘n graad 11 leerder aan Hoërskool die Anker, is onlangs gekies as Mej Anker, en ook as ‘n lid van die leerlingraad vir 2017.

Lees: Die Anker kies Mnr en Mej Anker 2016

In 2015 het Kaylie, wat deel is van Vogue Catwalk Models, 24 modelkompetisies gewen en sy werk tans hard om in 2016 daarop te verbeter.

• Op watter ouderdom het jy begin met die skoonheidskompetisies en hoekom het jy begin?

Ek doen modelwerk al van die ouderdom van nege jaar oud af, maar het verlede jaar eers besluit om dit ten volle my passie te maak en tot die beste van my vermoë te presteer.

• Watter belangrike lewensvaardighede het die kompetisies jou geleer?

Ek kan soveel punte onder hierdie vraag gee.

Dit het my geleer om meer te gee en mense te help deur liefdadigheid.

Dit leer jou van ‘n jong ouderdom af om met ander te kommunikeer en beter na jouself te kyk.

Dit het my baie selfvertroue gegee en dit vir my makliker gemaak om in die skool op ‘n baie hoër vlak te funksioneer.

Dit het my geleer om my lewe op baie maniere te geniet. So lekker soos dit vir my is om mooi rokkies en hoëhakskoene aan te trek, is dit net so lekker om buite kaalvoet rond te hardloop.

• Watter kompetisie lê vir jou volgende voor?

Ons het elke naweek modelkompetisies wat ons ondersteun, maar die volgende groot kompetisie wat voorlê is Mr and Miss Jacaranda City 2017, wat op 22 Oktober aangebied word, deur Valerie Begbie.

13040996_1723626051256608_208786843432071249_o

• Waarop is jy die trotste van wat jy al bereik het?

Die trotste waarop ek is, is dat ek as ‘n mens gegroei het en, al was dit soms moeilik om my doelwitte te bereik, het ek aanhou glo. Ek het geleer dat alles wat die moeite werd is, tyd en harde werk vat. Ek is ook trots daarop dat ek in 2015 aan 32 modelkompetisies deelgeneem het en 24 wenne bereik het. Ek werk nou hard om 2016 te verbeter.

• Wat is jou toekomsplanne?

My toekomsplanne is om ‘n geleentheid aan te gryp om oorsee te gaan, en dan ‘n kursus te voltooi vir ‘n mode-ontwerper.

• Wat is jou stokperdjies?

Ek sit al my ekstra tyd wat ek het in modelwerk, so al my konsentrasie is in dit en akademie gevestig. Ek stel ook baie belang in modes en ontwerp, en is baie kunstig met rokke.

• Iets wat mense nie van jou weet nie?

Al het ek op die loopplank baie selfvertroue, is ek eintlik baie skaam en stil. En ek kan glad nie swem nie; nie eens ‘doggy paddle’ nie.

• Beskryf jouself in drie woorde.

Liefdevol, passievol en gedetermineerd.

IMG-20161003-WA0018_15005

• Waar is jou gunsteling vakansiebestemming en hoekom?

Amanzimtoti. Al het ek ‘n vrees vir water, is ek mal daaroor om my voete nat te maak en op die strand te lê.

• Enigiets wat jy wil byvoeg?

Raad vir enigiemand wat iets het waarna hulle strewe: maak nie saak hoe groot of klein die droom is nie, werk hard en glo in jouself, want jy is meer as genoeg.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button