Opinion

Jong mense gee nie om vir ouers

Amanda van der Mescht skryf: Ek verwys na die brief in die Herald van 29 September (Bejaardes kry swaar).

 

Ek voel presies soos die skrywer van die brief. Wat my veral pla is dat jonger mense van vandag nie meer vir hul ouers omgee nie.

My pa is vier jaar gelede oorlede en ek en my drie boeties het net outomaties aangeneem dat ons nou weer na ons ma moet kyk.

Nie een van ons leef in weelde nie maar ons voel dat dit ons plig is om nou weer na haar om te sien.

Hoe kan kinders of familie en vriende toelaat dat bejaarde mense op straat staan en bedel of in klein kamertjies sit en vergaan?

My ma het baie bejaarde vriende wat hulself dood verlang na hul kinders en kleinkinders maar hulle het nie die voorreg nie.

Lees ook:

Bejaardes behoort nie so te sukkel nie

Tweedy Park inwoners ontvang pakkies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button