Opinion

Sê ons wat jy dink

Gelisensieërde vuurwapens is dalk iets van die verlede.

Daar is sprake daarvan dat self-verdediging, die verdediging van iemand anders of eiendom nie meer geldige redes sal wees om ’n vuurwapen te kan besit nie. Stem jy hiermee saam?

Gertruida Herbst – Ons regering maak dit vir diewe soveel makliker om misdaad te pleeg en daarmee weg te kom. Hul moet hul fokus op die skuldiges plaas en die onskuldiges uitlos wat nie misdaad pleeg nie.
Antoinette Mouton – Met die misdaad wat daagliks in ons land gebeur, is ons nie veilig nie en kan ons dit nie bekostig om nie vuurwapens te hê nie. Ons het tog die reg om onsself te beskerm teen die ontheil.
Lalie du Preez – Hulle moet beslis meer daarop fokus om liewers al die ongelisensieërde wapens weg te vat en die res met gelisensieërde wapens uitlos. Dit gaan ’n groot geveg wees om my wapen te verwyder.
Annatjie Goosen – Ek stem glad nie saam nie. Dié met gelisensieërde wapens het dit wettig bekom, so waarom dit nou verwyder? Plaas fokus die regering daarop om die diewe vas te trek en húl wapens te verwyder.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button