Simoné Smith - Ja, ek het registreer, maar ek glo nie my stem sal ’n verskil maak nie. Dis een stem teen miljoene ander stemme.
Het jy gaan registreer en dink jy jou stem sal ’n verskil maak?
Yolanda van Rooyen – Ek het gaan registreer en ek hoop my stem sal ’n verskil maak. Ek glo nie dit sal nie, maar ek hoop maar so.Hermien van Jaarsveld – Ja, ek het registreer. Ek glo elkeen se stem sal ’n verskil maak as die mense nie net weg bly nie.Lynn-Mari Burger – Ek het registreer en ons sal maar moet sien wat gebeur, maar ek hoop regtig my stem maak ’n verskil.Elsie Coetzee – Ja, ek het registreer. Ek dink beslis my stem sal ’n verskil maak, so ek sal maar hoop vir die beste uitkoms.