LettersOpinion

`Engeltjies’ word `duiwels’ in eetplek

L Loots van Dalpark skryf:

Ek was geskok deur die optrede van ‘n groep jong kinders by ‘n eetplek in die Mall@Carnival. Ek het my twee kleinkinders verlede week na die plek geneem aangesien hulle gedurende die skoolvakansie by my bly.

‘n Groep, bestaande uit vier meisies en twee seuns (ek skat almal tussen 12 en 14 jaar oud) het aan ‘n tafel reg langs ons kom sit.
Dit was die einde van die rustige tydjie saam met my twee goed opgevoede kleinkinders. Hierdie groep het geen respek vir die kelners gehad nie. Hulle was onbeskof, giggelend en kon nie besluit wat hulle wou hê nie.
Hul gesprek kon nie verloop sonder kru taal nie. Hulle het sout en peper op die tafels en vloer uitgegooi en geglo niemand sien hulle nie.
Hulle het absoluut geen tafel maniere nie. Die een seun het byna die hele bottel tamatiesous en mostert oor sy skyfies gegooi terwyl almal hulle dood gelag het. Hy het dit nie geëet nie.

Een van hulle het op ‘n stadium agter gekom dat ek hulle dophou en toe word daar opmerkings oor my en my kleinkinders gemaak. Daar is agter bakhande gegiggel en gevloek.
As my afleiding korrek is kom die kinders uit huise waar geld nie ‘n probleem is nie. Ek hoop dat die ouer of ouers wat hulle daar afgelaai het hierdie brief sal lees en kan besef dat die kinders dalk by die huis engeltjies is maar in die publiek ontaard hulle in duiwels.
Toe ek en my kinders opstaan en loop het een van die meisies selfs hande geklap.
Ek was regtig stom geslaan deur die gedrag van die kinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button