Op 28 Mei het ek in Northfolkstraat gery en by die verkeerslig stilgehou want dit was rooi.
Ek wou regs in Hendrik Potgieterstraat draai.
Daar kom toe ‘n wit bakkie met ‘n vreeslike spoed, wat links wou draai. Hy het die draai te wyd gevat en in die regterkant van my kar vasgery en bloot net weggejaag.
Ek het nog op my toeter gedruk maar dit was verniet. Ek het ook uit my voertuig gespring om die nommerplaat te lees maar ek kon dit nie betyds sien nie.
Daar is groot skade aan my voertuig en ek wonder nou maar net wie gaan betaal? Meneer, wie jy ookal is, en as jy dalk hierdie brief lees, hoop ek dat jy na vore sal kom. Mense soos jy moet toegesluit word en die sleutel moet in die see gegooi word.
Die blinde sambok sal jou nog eendag bykom. Ek sal nie daarvan weet nie, maar dan sal jy aan jou sondes terug dink; veral aan die keer toe jy my kar gestamp het en weggejaag het.