LettersOpinion

Afskeide ontaard in ‘n sirkus

"Anti-spektakel", Dalview, skryf: My dogter het onlangs haar skool se matriekafskeid bygewoon, saam met haar metgestel, wat ook 'n matriekleerder van dieselfde skool is.

Soos baie ouers maar doen, het ons ook gaan kyk hoe die matrikulante by die funksie opdaag.

Ek het lanklaas in my lewe so iets beleef. Mense het mekaar omtrent vertrap om ‘n staanplek te kry om te sien hoe die kinders arriveer.

Wat my die meeste opgeval het, is die voertuie waarmee die kinders afgelaai is. Ons het eintlik simpel gevoel toe ons dogter en haar metgesel in ons nuwerige Mercedes opdaag.

Dit lyk vir my dat die voertuie waarmee die kinders deesdae afgelaai word of self mee arriveer, veel belangriker is as die funksie self.

Ek wonder hoeveel ouers het honderde rande opgedok om spog motors, veteraan motors, motorfietse en selfs ‘n stootskraper te huur.

Ek dink die hele idee van ‘n matriekafskeid word deesdae uit verband geruk. Dit kos die ouers ‘n fortuin.

My dogter en meeste van haar vriende was teleurgesteld en het gesê dat die aand ‘n groot mislukking was. Gelukkig het ek net een kind en hoef ek darem nie weer die sirkus te herleef nie. Sterkte aan al die ouers wat dit nog moet beleef. Julle moet solank begin spaar ook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button