Editor's noteLettersOpinion

Dorp gaan agteruit

"Trotse Brakpanners" skryf per e-pos:

Ek verwys na die berigte wat die afgelope twee weke op die Herald se voorblad gepubliseer is. (“Illegal mining threat” en “I ‘ve lost everything”).

Dit is baie kommerwekkend dat ons, as inwoners van die dorp, blootgestel moet word aan sulke onwettige bedrwyighede wat lei tot roof, plunder en die vernietiging van ons omgewing.

Dit is basiese kennis dat meeste van die mense wat so onwettig myn onwettige immigrante is, en nie in die land hoort nie.

Ek laat my ook nie vertel dat hulle dit op hul eie doen nie. Daar moet ‘n georganiseerde netwerk wees wat aan die eindpunt sit en geld maak uit die onwettige spul.

Hierdie onwettige myners is oral (ek dink maar aan die stuk grond oorkant die Plastiek Plakkerskamp).

Ons dorp is besig om drasties agteruit te gaan en dit is hoog tyd dat iemand iets daaraan begin doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button