Ek wil baie graag die bestuur en personeel van die Frank Mynhardt Sorgsentrum bedank vir alles wat hulle vir die inwoners van die sentrum, asook vir die inwoners van Tweedy Park, doen.
Hulle ontsien geen moeite om die inwoners gereeld te vermaak en te sorg vir ‘n bietjie lag en vrolikheid nie.
‘n Goeie voorbeeld van hul volgehoue pogings is die Valentynsdagvieringe wat ons verlede week kon geniet het.
Daar is musiek gemaak en ons kon dans en lekker kuier.
Dit is vir ons, as bejaarde mense, baie belangrik om nog steeds die lewe te geniet en die personeel van die Frank Mynhardt Sorgsentrum sien toe dat dit gebeur.
Die Valentynsdagpartytjie was baie lekker en ons het dit regtig waar baie geniet.



