Ons strate is so vol slaggate, ek het nou al drie keer verlies gely deur die slegte toestand van die strate.
Daar is ‘n diep slaggat in die middel van Ruthstraat, Sunairpark. Wanneer dit reën sien jy dit glad nie.
Ek het my voertuig se wiel onlangs beskadig en glo my die gat is al amper twee jaar daar.
Daar is ook twee in Van Der Waltstraat, naby die sirkel. Weereens het ek nou die oggend een getref en nou trek my kar skeef.
Daar is ook al maande lank een op die draai van Ajaxstraat in Dalview wat mens moet “duck en dive” om dit nie raak te ry nie!
Nou vra ek wie gaan vir my skade betaal? Want om by ons stadsraad te gaan kla is net so goed jy praat met ‘n muur!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Support local journalism
Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.
Thelma Koorts
Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.