
Toe ek die brief (lees die brief hier) in die Herald lees kon dit maar net sowel ek gewees het wat dit geskryf het. In my geval is dit net my dogter wat met dwelmmiddels en verkeerde mense deurmekaar is.
Ons bly al vir jare in Brakpan en die afgelope tyd het die plek soos ‘n groot dwelmwinkel geword.
Dit is seker maar oral so, maar ek voel net dat Brakpan erger is.
‘n Mens kan om elke hoek en draai dwelmmiddels koop. My dogter (ek hoop) rook net dagga, maar sy kan nie daar sonder nie. Dit maak haar baie aggressief en lelik.
Sy is 21 en is uit die skool toe sy 16 is. Sy wil nie werk nie en ek moet vir haar sorg. Ons bly by my ouers, want ek is geskei.
Sy steel om geld te kry en sy is elke aand in die hotelle. Ek het al so baie keer mooi met haar gepraat, maar sy wil nie hoor nie. Ek glo sy doen ook goed wat sy nie moet doen nie, om geld te kry.
Ek het nog ‘n seun wat nou eers agt jaar oud is en hy sien al die goed. Dit is nie reg nie.
Ek voel jammer vir al die ouers wat sukkel met hulle kinders.
Drank, sigarette, hubblies en dwelms maak ons kinders sleg en dit maak ons oud.
Lees ook:
Drug dealers a threat to our children
Onwettige dobbelplekke verwoes jong vrou se lewe



