
Inwoner van Prince Georgelaan skryf:
Dit is regtig baie hartseer van die vier-jarige kind wat doodgery is (lees meer hier) op die hoek van Muirstraat en Prince Georgelaan. My hart gaan uit aan hierdie ouers. Hoeveel meer kinders moet so hulle lewens verloor voordat iets daaraan gedoen word?
Ek is self ’n inwoner van Prince Georgelaan en laat ek eerlik vir jou sê dat Prince George is verseker deesdae Brakpan se nuutste snelweg.
Waag dit om 60 km/h te ry en kyk die vuil kykke wat jy kry, veral as jy in die regterbaan ry. So asof hulle jou vuil kyk en dink: hoe kan jy wil 60 km/h ry op die Prince George snelweg.
Ek het al vele male met die Metro gepraat oor die gejaag in Prince Georgelaan, maar dit val net op dowe ore. Hulle het net sekere plekkies waar hulle glo mag sit. En dit is glad nie moeilik om vinnig agter te kom waar die manne soms sit nie.
Vrydae en Saterdae aande kom karre teen ’n astronomiese snelheid in die pad af! Gaan kyk maar hoeveel robotte lê onderstebo in Prince Georgelaan.
Dis hartseer dat ons inwoners van Prince Georgelaan se regte so ontneem word! Ons bly in ’n stedelike gebied, maar motors mag teen 120 km/h en selfs meer verby ons huise jaag.
Dink aan ons kinders en diere! Ons waag dit nie eers in ons voortuine nie, want wat as ’n kar deur ons mure bars!
Ek wens regtig dat daar iets daadwerklik gedoen kan word in Prince Georgelaan, hoekom wag tot nog kinders hulle lewens verloor?
Op hierdie huidige stadium lê daar drie robotte onderstebo in Prince Georgelaan, wat moet nog gebeur voordat hulle besef hierdie pad is ’n groot probleem?
Maak dit ook ’n 50 km/h sone en pas die wet toe. Sit permanente kameras op. Hulle gaan verbaas wees hoeveel motors 120 km/h in die nag hier afjaag.
Lees ook:
How many motorists still have to be injured or killed?
Chaos heers in die middag voor die skool



