
Jan G de Bruyn skryf per e-pos:
Daar is onlangs op televisie aangekondig dat die poskantoor se werkers gaan staak.
Daar word aangekondig dat die poskantoor “bankrot” is en dat belastingbetalers se geld benodig word.
Ons hier in Minnebron het nog geen pos ontvang sedert November 2015 nie.
So wat is eintlik nuut?
Die poskantoor is in ’n groot gemors, maar die hoë inkomste verdieners kry elke maand hulle enorme salaris en daar word geen dienste gelewer aan die publiek nie.
Dit is seker maar wat gebeur wanneer onkundiges in beheer is.
Dit is nodig dat die poskantoor en die regering ophou met hulle grappies. Niks werk in die land nie. Hou op lieg!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



